Our games site is currently available in Afrikaans only. We plan a translation into English in the near future and apologise to our English visitors for any inconvenience that this may cause.

Ons het 'n hele verskeidenheid bord speletjies, die meeste van hulle strategies van aard.  "Strategies" beteken jy moet 'n sekere plan he waarvolgens jy speel, hierdie plan gaan party keer werk, ander kere nie.  Jy moet dus ook partykeer jou plan (of jou strategie) verander soos die spel vorder.  Wat meer is, die spel is nie elke keer dieselfde nie, so dieselfde strategie gaan nie elke keer vir jou beteken dat jy wen nie.
In 'n BORD SPELETJIE?  Jy bedoel seker rekenaar speletjies?  Nee, ons bedoel bord speletjies, soos jy meer van die speletjies leer sal jy agterkom dat die tipe speletjies wat ons hier van praat presies daardie eienskap het - die spel is elke keer anders, dus het jy elke keer 'n ander plan nodig waarvolgens jy moet speel.  Dit is wat die goed so lekker maak - jy raak nooit aan die ding gewoond nie, dis elke keer anders.

Wat dit dan nog meer 'exciting' maak, is dat die meeste van hierdie speletjies UITBREIDING STELLE het - jy kan jou basiese spel vat en met 'n uitbreiding stel op die spel die speletjie vergroot - ander moontlikhede skep!

Die beste voorbeeld hiervan is die KOLONISTE reeks speletjies - dit is dan ook die speletjies waarop ons die meeste konsentreer.  Maar dit is geensins al nie. Ons het 'n hele verskeidenheid speletjies - navigeer gerus deur ons webwerf, jy sal allerhande speletjies ontdek:
  • Bou nedersettings, ontdek jou wereld, brei uit
  • Reis per skip na verskillende stede, dryf handel, maak geld
  • Swerf as kabouter in die wonder-wereld van elwe, feetjies, eenhoring perde
  • Bou saam aan 'n onderwater navorsingstasie terwyl jy die seebodem verken
  • Simuleer die "Lord of the Rings", wat as...
  • Swerf deur die ruimte, verken planete, dryf handel
  • Doen mee aan die ontwikkeling van 'n stad in Afrika - wie gaan as heerser uittree
  • Die val van Rome - wie gaan die magtige Romeinse ryk oorneem
  • Of speel as die diere teenoor die jagters, wat as ons op die jagters jag maak?
  • Roei met jou bootjie op 'n vinnig vloeiende rivier en versamel skatte..
  • Reg vir 'n partytjie- groot pret soos ons verskillende diere naboots
  • Bou paleise in ou Indie om die heerser te beindruk - pasop net dat jou geld nie opraak nie

Oud of jonk - vra net, ons sal julle vir ure lank besig hou.  Gebruik die menus hierbo, meer inliging by elk.  As jy reels wil download, gebruik hierdie link - of op die menu hierbo.